My Mug het 'n Chip
Top of the world, op Braamfontein Hill,
Staar deur die venster van my flat,
Positive Thoughts, onthou?
Sê die girl, vandag se vrou.
Deur aande van rook, drink, asem stink,
Dra sy my terug, verby die Sniffers,
Begging for glue, of net bietjie brood,
Halfloaf is goed, maar KFC is mos kos.
Die vensters verkoop nog 'n cure,
Maar AIDS sal jy kry by die minirok op die straat,
Al vertel sy vir jou van haar special skills,
"Nevermind die kleur, ek't al almal gedoen".
Train in the Distance, so gaan die song,
Maar hy vertel niks van die grime op die spoor,
Die mense wat wag langs die kant, of sit
In die flou geel lig, nowhere to go.
Beter as niks, so ons travel maar aan,
Gekom van daar bo, hier is ook niks,
Dalk further south, loop die refrein,
Klik-klak al dowwer deur die nag.
Neon lights van nog 'n club, te dronk om te dink,
Sy drag my verby, vergeet van die promises,
Van XXX, en foreign girls met aksente wat leer,
Down on their luck, om in Engels en Zulu te vloek.
Het ons nie 'n kar, wil ek weet, kon sweer,
Lankal verkoop, vir die flat screen TV, of dalk
Daai nuwe Glomail Exercise Machine, stof in die hoek.
Ek onthou, of dalk nie, hoe kom ons nou hier?
Met die bus ry ons rond, of taxi drivers wat kyk,
Nog nie gewoond aan jou vel, chinos en Filas, Amakip-kip shirt,
Maar nie almal dink saam, inpas is min, al
Word jy dronk op Black Label by die local shebeen.
Klaar gekots en uitgejaag, strompel ons verder,
Op soek na die sleutel wat alles explain,
Of net terug bring. Gedink ek verstaan, was dit nie so?
Net die Weed of Tik, jy't iets gerook.
Geen sterre onder op die straat, die glas is vuil,
En die doorman kyk hoe sy sukkel met die key,
Draai net weg en watch sy E-TV porn, terwyl ons strompel
Na die lift wat stink na sweet en rook en hoop.
Ek staar nog steeds die volgende dag, weekend is stil,
Son is bright op die highway, ketel wat kook,
Sy bring my koffie, mug het 'n chip, ek dink
Dit explain hoe ek voel, wat fout is met ons land.
A cynical smile terwyl sy luister en ek word stil,
Onthou nog gistraand, die Sniffers en Hoere, kots op die straat,
Mense wat kyk hoe sy my huis toe dra, niks on te steel,
Laasweek gebeur, nou Totsies is vriende, ons drink saam.
Sien jy kans vir nog 'n dag, nog 'n nag?
Selfde kak gaan net weer gebeur, jy kan my nie red.
Die smile word sag en sy sit, arm kom nader,
Onthou jy nie, die ander dag, ek weet.
Kyk af op die mense terwyl sy praat, van my fame,
En fans, al lankal vergeet, comeback en drome,
Terwyl ek weg glip en haar stem my sus tot
Laat in die dag, drome word nagmerries wat wag.
Dis donker alweer, en die ligte begin wink,
Ek weet sy sal weer dieselfde paadjie begin stap,
Maar fitting in het gistraand te veel geraak,
Sal ons eerder net Chinese kry, en drink?
Knik van haar kop, soek na die menu en cell,
Ek staar deur die grime op die venster en dink,
Aan die toekoms en hede, hope en drome,
Is ok, ek glo, vandag nie meer lus om te jump.
copyright JD Marx 2012